top of page

Persoonlik

Peet van den Berg

Fotograaf/Photographer

Ek is gefassineer deur lig.

 

Die nuanses benieu my nimmereindigend.

 

My fotografie is 'n lewende, groeiende memoir in kleur en monochroom, van my reis agter die lig aan.

 

Ek is ’n ligvanger.

 

Lig wat sedert daardie eerste nanosekonde van die oerknal steeds in galaksies en planete en sterre verdig en ons heelal teen 299,792,458 m/s skep.

 

In die lig sien ons uiteindelik die lig. En die lig weerkaats in ons.

 

Mag die lig wat ek vasgevang het in my fotos u ook benieu, verras en ademloos laat.

 

e=mc²

 

Saam met lig is ek ook lief vir woorde – die twee goed wat in die begin daar was – woorde want hulle skep wêrelde en lig omdat lig alles is en alles lig is (van Einstein se e=mc2) Daar is geen beter tydverdryf as om met ‘n kamera in die hand agter die lig aan te gaan nie! As ek nie beelde skep met woorde nie, is dit met my kamera. 

 

Ek het 'n APSSA (Assosiaat van die PSSA) in 2012 verwerf. Ek fokus daarop om so veelsydig as moontlik te wees en ontwikkel my vaardighede in byna al die dissiplines van fotografie. Ek het onlangs ook begin werk in konseptuele fotografie en van my saamgestelde beelde (composites) is in die fotoafdeling te sien.

 

My voorliefde is teater, ballet en landskappe maar dit kan verander soos die lig my lei.

.

Kontak my gerus vir studiowerk en as jy van my beelde in gedrukte vorm wil aankoop.

 

I am fascinated by light. The nuances intrigue me endlessly.

 

My photography is a living, growing memoir, in color and monochrome, of my journey chasing the light. I'm a light catcher: Light that ever since the first nanosecond of the big bang still collate into galaxies and planets and stars and generates our universe at 299,792,458 m / s. In the light we finally see the light.

 

And the light reflects in us. May the light that I caught in my photos also surprise you and leave you breathless. e = mc²! Together with light, I also love words - the two things that were present in the beginning - words because they create worlds and light because light is everything and everything is light!

 

There is no better pastime than chasing the light with a camera! So if I am not creating images with words, it's with my camera. I obtained an APSSA (Associate Member of the PSSA (South Africa) ) in 2012.

 

I focus on being as versatile as possible and developing my skills in almost all disciplines of photography. I recently also started working on conceptual photography and my composite images are also featured in my portfolio My first love is theater, ballet and landscapes, but it can change as the light leads me.

bottom of page